Over 10 mio. titler Fri fragt ved køb over 499,- Hurtig levering 30 dages retur
Bliv medlem
Log ind Opret dig

Strydgedigte

Bog
  • Format
  • Bog, paperback
  • 144 sider

Beskrivelse

Hierdie digbundel behels 'n reeks van 50 epiese gedigte wat as 'n kulturele monument ter ere van die Boere-Afrikanervolk verstaan word. Neergeskryf in 'n welluidende volkse verhaaltrant getuig hulle van daardie gedagtes wat nog steeds in ons harte brand: ons volk se innigste vryheidstrewe vanaf die eerste roerings van ons geestelike volksbewuswording gedurende die 17e eeu tot vandag toe.Skitterende hoogtepunte uit ons geskiedenis soos die Groot Trek, die Geloftedag, die seges van Majuba en van die Afrikaanse taal maar ook bittere laagtepunte soos die vermoordinge van die Hugenote, op Slagtersnek en in die konsentrasiekampe word boeiend navertel. Eenparig betuig die dade van ons dapper Boeremanne, ons sterk vrouens en ons moedige kindere dat Engeland se infame bedeling van April 1994 vir ons volk onder geen omstandighede wat ook al aanvaarbaar is nie. Die oombliklike stand van ons volksepos met die rampspoedige uitwerking van die Groot Verraad van 1994 betuig dat ons vyande dit doelbewus ingerig het om ons volk te laat verstik aan die polities verewigde oormag van 'n getalryke andervolkige massa. Hierdie boek is dus 'n geesdriftige oproep aan die Boere-Afrikanervolk om moed en krag uit sy geskiedenis te skep en as 'n verenigde nasie op te staan sodat ons ons toekoms daadkragtig en spoedig ter hand kan neem. Ons kan Ons wil Ons sal

Læs hele beskrivelsen
Detaljer
Størrelse og vægt
  • Vægt276 g
  • Dybde0,9 cm
  • coffee cup img
    10 cm
    book img
    15,2 cm
    22,8 cm

    Findes i disse kategorier...

    Se andre, der handler om...

    Machine Name: SAXO081